SA kabinet groei ten koste van belastingbelaer

Forum 4 Service Delivery het sy teleurstelling uitgespreek oor President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling. Die groep beweer die skuiwe is bloot ‘n oefening in openbare betrekkinge om dit te laat lyk of Ramaphosa bekommerd is oor die vinnige agteruitgang in Suid-Afrika. Die forum se leier, Mbahare Kekana, sê die kabinet groei steeds ten koste van die belastingbetaler.