SA is gasheer vir AU-vergadering oor kinderhuwelike

Die Suid-Afrikaanse Kantoor vir Kinderregte in die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling is vandag die gasheer vir twee vergaderings in Pretoria en Johannesburg met belanghebbendes, saam met die Afrika-Unie se spesiale gesant oor kinderhuwelike. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê Hermine Kembo Takam van Kameroen, die spesiale gesant oor maatskaplike en gesondheidsake van die AU-kommissie, is op ‘n sending om die vordering te monitor wat Suid-Afrika gemaak het om kinderhuwelike en skadelike kulturele praktyke teen kinders te beëindig: