SA Inkomstediens samel R556 miljard in persoonlike inkomste-belasting in

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die afgelope finansiële boekjaar nagenoeg 556 miljard rand in persoonlike inkomste-belasting ingesamel. Dit is ‘n geskatte 35,5 persent van die meer as 1,5 triljoen rand belasting wat in totaal deur die inkomstediens tot die einde van Februarie 2022 ingevorder is. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.