SA inflasie is hoër maar voedselpryse laer

Die Suid-Afrikaanse inflasiesyfer het op ‘n jaargrondslag in Mei toegeneem tot 5,2 persent, van 4,4 persent in April. Dit is die hoogste vlak sedert November 2018, toe die koers ook 5,2 persent was. Die styging op ‘n jaargondslag staan in teenstelling met die lae vlak wat in Mei verlede jaar aangeteken is toe brandstof heelwat minder gekos het. Voedsel- en nie-alkoholiese drankies se pryse het in Mei gestyg met 6,7 persent, teenoor 6,3 persent in April. Mei se koers is die hoogste sedert Julie 2017. Die prys van vleis, vis, olies en vette, en suiker, lekkergoed en poedings het op ‘n jaargrondslag met meer as 6,7 persent gestyg. Namibië se Mei-syfers is vroeër reeds bekend gemaak. Inflasie is tans op 3,8 persent maar voedsel-inflasie het plaaslik reeds dubbelsyfers bereik.