SA huishoudings ervaar steeds finansiële las van pandemie

Die jongste verbruikers-polsopname het aan die lig gebring Suid-Afrikaanse huishoudings voel steeds die finansiële las van die Covid-19-pandemie, maar in ‘n mindere mate as verlede jaar. Meer as 61 persent van huishoudings ervaar steeds vanjaar die gevolge van die inperking, vergeleke met meer as 80 persent in 2020. Die opname het ten doel om die verbruiker-sentiment te midde van die pandemie te bepaal, en verloop maandeliks vandat wêreldwye inperkings ingestel is. Dit beteken meer Suid-Afrikaners wat reeds ‘n skuldlas het, maak op krediet staat om oor die weg te kom.