SA hoop vir geld om koolsuurgas-vrystellings te verminder

Suid-Afrika se hersiene plan om kweekhuisgasvrystellings te verminder, vereis ‘n ambisieuse verbintenis tot finansiële steun deur ontwikkelde lande. Dit was die boodskap van ‘n ministeriële afvaardiging onder leiding van die minister van die omgewing, Barbara Creecy, tydens ‘n vergadering in Tshwane met klimaatsverteenwoordigers gelei deur John Murton van die Verenigde Koninkryk. Die buurland is die twaalfde grootste besoedelaar in die wêreld en die grootste op die vasteland. Die buurland het in 2019, 479 miljoen metrieke ton koolsuurgas vrygelaat. Berigte lui die ANC-regering hoop vir skenkings en bystand by CoP26 wat in November in Glasgow, Skotland plaasvind.