SA het weer die naweek beurtkrag

Eskom het aangekondig fase 1-beurtkrag sal die naweek steeds van krag bly van vyf-uur soggens tot vier-uur middae, en fase 2 van vier-uur die middag tot vyf-uur die oggend, regdeur tot Maandagoggend. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die voortdurende toepassing van beurtkrag is hoofsaaklik om die nood-opwekkingsvoorraad in stand te hou.