SA het selfde padveiligheids-uitdagings as Namibië

Dit wil voorkom asof Suid-Afrika presies dieselfde uitdagings het op die land se paaie soos Namibië. Die Padverkeers-bestuurskorporasie in die buurland gee die bestuur van voertuie terwyl onder die invloed van drank, die weiering om sitplekgordels te dra en buitensporige hoë spoed die skuld vir die hoë koers van padongelukke. Dit volg na die vrystelling van statistiek wat daarop dui 8 500 mense tussen die ouderdom van 21 en 34 het tussen 2019 en 2021 op Suid-Afrika se paaie gesterf. Die korporasie se woordvoerder, Simon Zwane, sê die statistiek is kommerwekkend: