SA hef kwarantyn, opsporing van kontakte op

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het bekend gemaak hy het ‘n einde gebring aan Covid-19-kwarantyn en kontak-naspeuring. Die departement sê die aantal mense met immuniteit is hoog, met syfers tussen 60 en 80 persent, en beheer-strategieë is nie meer sinvol nie. Die departement sal nou fokus op voorkoming. Daar is volgens die buurland se owerhede ‘n baie hoë persentasie asimptomatiese persone en persone wat voor simptome voorkom, reeds Covid versprei het. In Namibië is die stelsel steeds in werking maar, is traag. Teen 15 Desember kon Namibiese owerhede net ‘n skamele 17,1 persent van alle kontakte opspoor en talle Namibiërs sê hulle het nog nooit ‘n oproep ontvang as hulle in kontak was met ‘n positiewe Covid-geval nie.