SA gesondheidsminister sinspeel op verligting van inperkingsvlak

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, het op die moontlikheid gesinspeel dat sy departement ‘n verligting van die inperkings-vlak 3 sal aanbeveel. Phaahla het by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se inentingsperseel in Soweto gesê die afname in die derde Covid-vlaag in die meeste provinsies is bemoedigend. Hy sal binne die volgende week verslag doen aan President Cyril Ramaphosa rakende die stand van die pandemie. Phaahla sê hy ondersoek tans moontlikhede om sekere inent-aansporings aan te beveel.