SA gesondheidsdepartement neem bewyse van Spesiale Ondersoekeenheid ernstig op

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminster, Joe Phaahla, sê sy departement neem bewyse wat die Spesiale Ondersoekeenheid ingewin het, ernstig op. Hy neem kennis van die siening dat daar baie moontlikhede vir strafregtelike optrede is. Die departement neem ook in ag verdere ondersoeke moet gedoen word voordat die hof enigiemand skuldig sal bevind. Phaahla sê die eenheid se bevindings sal hulle lei in die ondersoek na die optrede van beamptes wat betrek word, waarna bepaal sal word watter dissiplinêre, korrektiewe en voorkomende maatreëls nodig is.