SA ekonoom beaam laer dieselprys, hoër petrolprys in Desember

‘n Bekende Suid-Afrikaanse ekonoom het beaam dat goedkoper diesel, maar duurder petrol vir Desember vir motoriste, boere en vervoermaatskappye in die buurland voorlê. Hoewel dit nog twee weke is voordat brandstofpryse vir Desember bereken kan word, is dit nou taamlik seker wat die tendens is. Desember se nuwe brandstofpryse in die buurland word op 7 Desember ingestel. Ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan nie ‘n groot impak op die makro-ekonomie hê nie.