SA drawwer behaal driekamp-uitdaging

Driekamp: Die Suid-Afrikaner, Rehan Greeff, het die eerste deel van sy RunforAfrica-driekamp-uitdagingsdoelwit suksesvol afgehandel. Greeff het drie volledige Ysterman-driekampe in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en Uganda in ses dae voltooi om fondse in te samel vir ‘n liefdadigheidsorganisasie, genaamd ForAfrica. Greeff, die grootste individuele fondsinsamelaar van die nie-regeringsorganisasie, is ‘n geoktrooieerde rekenmeester wat nou in Brittanje woon. Sy vrou, Liesl-Barbara, sê dit is die vyfde persoonlike uitdaging wat Greeff vir homself gestel het sedert hy in 2017 wonderbaarlik van veelvuldige kniebeserings herstel het.