SA Dierebeskermingsvereniging lê beslag op tien luislange

Die Suid-Afrikaanse Dierebeskermingsvereniging sê hulle het in Junie en Julie beslag gelê op altesaam tien luislange by ‘n roofdierpark in Noordwes. Die organisasie het ‘n saak van dieremishandeling teen die park se eienaar aanhangig gemaak. ‘n Woordvoerder van die Natuurlewe-beskermingseenheid, Annelie de Klerk, sê hulle het baklei om hierdie diere te beskerm en uit die onaanvaarbare omstandighede te verwyder waar hulle amper dood is. Sewe van die luislange is in die natuur vrygelaat.