SA Covid-regulasies volgende week voor Nasionale Covid-19 Bevelsraad

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaalha, sê regulasies wat die nasionale ramptoestand kan beëindig, kan reeds teen volgende week voor die Nasionale Covid-19 Bevelsraad voorgelê word. Phaahla sê verskeie departemente werk tans aan die pad vorentoe. Hy sê die gesondheidsdepartement lei sake in hierdie verband en werk aan gesondheidsregulasies deur die Nasionale Gesondheidswet. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.