SA Covid-kontrake is vrot van onreëlmatighede

Suid-Afrika kan eenvoudig nie uit die kloue van korrupsie en diefstal kom nie. Die jongste berigte uit die buurland toon dat die Spesiale Ondersoek-eenheid se verslag oor die regering se besteding tydens Covid toon dat 551,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand teruggevind moet word. Tot op hede, al is daar verskeie ondersoeke is nog net 34 miljoen rand teruggevind. Die eenheid het meer as 5 400 regeringskontrakte ondersoek en 2 803 is beskryf as onreëlmatig toegeken.