SA burgers in Namibië kan nog aanlyn registreer vir SA verkiesing

Stemgeregtigde Suid Afrikaners wat in Namibië of elders in die wêreld woon het nog net kans tot middernag vanaand om aanlyn vir die algemene verkiesing te registreer. Om ‘n aansoek in te dien om te registreer om buite die buurland te stem, moet jy ‘n Suid-Afrikaanse burger wees en ten minste 16 jaar oud wees. Jy kan egter eers vanaf 18-jarige ouderdom stem. Om aanlyn te registreer, moet jou identiteit geverifieer en jou identiteitsdokument bekragtig word. Maak dus seker jy het ‘n geldige groen strepieskode identiteitsboek of slim-identiteitskaart, en jou Suid-Afrikaanse paspoort by jou.