SA-boere moet Agri Securitas bystaan om misdaad te bekamp

Die uitvoerende direkteur van AgriSA, Christo van der Rheede, sê georganiseerde strukture is belangrik om misdaad in landelike- en plaasgebiede in die buurland te bekamp. Van der Rheede sê gemiddeld sowat 70 persent van die plase in die land beleef misdaad. Hy sê Agri Securitas het tot dusver ‘n noodsaaklike rol vertolk in veiligheidsprojekte vir boere. Agri Securitas is geheel en al afhanklik van skenkings om projekte in boerderygemeenskappe finansieel te ondersteun sodat beveiliging verbeter kan word: