SA binnelandse sake ontken hy teiken Zimbabwiese burgers

Die minister van binnelandse sake in die buurland, Aaron Motsoaledi, ontken bewerings dat die regering slegs Zimbabwiese burgers teiken wat onwettig in die land is. Die minister het aan die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake gesê hulle kry aandag omdat hul spesiale bedeling lankal verval het. Hy het bevestig die bedeling vir die Spesiale Permit vir Lesotho sal ook aanstaande jaar verval. Binnelandse sake hoop om sy stelsels te verbeter om onwettige immigrante vas te vat. Plase, fabrieke en die vragmotorbedryf word vir die ondersoek uitgesonder.