SA binnelandse sake lewer mobiele dienste

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het vroeër vandag amptelik besit geneem van 17 ligte vragmotors, as deel van sy “Binnelandse Sake op Wiele-inisiatief”. Die voertuie sal as mobiele-kantore dien en sal in die land se nege provinsies ontplooi word om te verseker dat dienste so veel soveel as moontlik inwoners bereik. Die 17 vragmotors vorm deel van ‘n besending van 20, met nog drie wat later die week aan die departement gelewer sal word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…