SA bestee R6 miljard aan entstowwe teen Covid

Terwyl Namibië se regering 300 miljoen Namibiese dollar op entstowwe teen Covid bestee het, is die rekening effe hoër in die buurland. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het bekend gemaak Suid-Afrika het 6 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Covid-19-entstowwe bestee. Phaahla sê nie-openbaarmakings-ooreenkomste met entstofvervaardigers beteken hy kan nie die prys van elke entstof bekendmaak nie. Maar hy het gesê die 62,4 miljoen dosisse Johnson en Johnson- en Pfizer-entstowwe wat tot nou aangekoop is, is teen ‘n koste van 6 miljard rand bekom. Dit beteken een dosis kos sowat 96 rand.