SA-besighede het die regte ondersteuning nodig

Business Leadership South Africa sê talle sakeleiers wil die land na die Julie-onrus herbou, maar hulle kan dit nie doen sonder die wete dat die regering en die res van land hulle steun nie. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng het die ekonomie groot skade berokken, met sakevertroue wat in die derde kwartaal gedaal het, vergeleke met die tweede kwartaal. Sy sê sakeondernemings moet direk ondersteun word, deur die verskaffing van die regte dienste aan hulle, sodat hulle kan herbou. Dit moet egter ook gepaardgaan met ‘n positiewe politieke boodskap wat demonstreer dat die geweld net eenmalig was.