SA-begroting moet veiligheid in informele nedersettings in ag neem

Die Maatskaplike Geregtigheidskoalisie in Kaapstad sê die nasionale regering en die Wes-Kaapse regering moet môre in die begrotingsrede fokus op veiligheid in informele nedersettings. Die groep sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet die onlangse misdaadstatistiek in sy begroting oorweeg en die twee regerings moet meer sigbare wetstoepassing toepas en die aanbevelings van die Khayelitsha-kommissie van ondersoek instel. ‘n Ondersoek het bevind verhoudings tussen die polisie en die gemeenskap het verbrokkel en twee van die drie polisiekantore in Khayelitsha is heeltemal onderbeman.