SA adjunkpresident spreek vandag Nasionale Vergadering toe

Die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza sal vandag in die Nasionale Vergadering vrae beantwoord. Dit sluit vrae in oor die staat se besluit om nie langer reddingsboeie aan staatsbeheerde instellings te gee nie en sy besoek aan Rusland. Mabuza sal ook vrae hanteer oor planne om die teruggee van grond in Distrik Ses te versnel en die vordering van die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming en landbou, wat teen 2030 ‘n miljoen werksgeleenthede in die landbousektor wil skep.