SA ‘A’ het ‘n geleentheid teen Bristol Bears

Suid-Afrika “A” speel vanaand hulle tweede wedstryd in die middel van die week wanneer hulle teen die Engelse span, Bristol Bears, uitdraf. Bykomende tyd om voor te berei en mekaar te leer ken, behoort in hulle guns te tel. Een van die manne in groen en goud se groot doelwitte is om te bou op hulle vertoning in die tweede helfte van verlede week se kragmeting teen Munster. SA ‘A’ hulpafrigter Joey Mongalo sê die wedstryd is ‘n groot geleentheid wat die spelers moet aangryp: