Russiese verkiesings raak plofbaar
Die Russiese verkiesings raak ontstuimig. Russiese amptenare sê verskeie mense is vir vandalisme by stembusse op die eerste dag van die presidentsverkiesings aangehou. Groen kleurstof is in stembusse gegooi, busse aan die brand gesteek en vuurwerke in stemlokale afgevuur. Die uitslag sal nie betwyfel word nie want president Vladimir Putin het geen geloofwaardige teenstanders nie.