Russiese ruimtevaarders gaan huis toe na meer as ‘n jaar

Twee Russiese ruimtevaarders, Oleg Kononenko en Nikolai Chub, het die Internasionale Ruimtestasie verlaat na ʼn rekord van 374 dae in die ruimte. Kononenko hou ook die rekord vir die langste totale tydperk in die ruimte nadat hy 1 111 dae rondgewentel het. Die Nasa-ruimtevaarder Tracy Dyson was ook in die Sojoes-ruimtetuig op pad na Kazakstan nadat sy ses maande op die stasie deurgebring het. Suni Williams, een van die Nasa-ruimtevaarders wat tans in die Internasionale Ruimtestasie gestrand is nadat sy op ʼn Boeing Starliner-ruimtetuig daar aangekom het, het die klok vir hulle vertrek gelui.