Russiese roebel verhandel die swakste in 17 maande

Die Russiese geldeenheid, die roebel, verhandel tans teen meer as 100 Amerikaanse dollar per roebel. Dit is sy swakste vertoning in 17 maande. Die roebel het 25 persent van sy waarde verloor sedert Rusland se inval in Oekraïne. President Vladimir Putin se raadgewer sê die Kremlin wil ‘n sterk roebel hê, en verwag dat die geldeenheid se verhandelings-vlak binnekort sal normaliseer. Die raadgewer sê ‘n swak geldeenheid bemoeilik die ekonomie se strukturele transformasie en het ‘n negatiewe uitwerking op landsburgers se reële inkomste. Die Russiese sentrale bank sê die skerp daling in die roebel se waarde is te wyte aan Rusland se kwynende handelsbalans.