Russiese konvooi van 64km op pad Oekraïne toe

Die Russiese militêre konvooi wat op die Oekraïne se hoofstad toesak, strek volgens Maxar Technologies oor sowat 64 kilometer. Die Amerikaanse satellietbeeldmaatskappy het gesê foto’s wat Maandag geneem is, wys die konvooi “bevat honderde gepantserde voertuie, tenks, artillerie en logistieke ondersteuningsvoertuie”. Die Maxar-foto’s het ook ontplooiing van grondmagte en grondaanvalhelikopter-eenhede in die suide van Belarus. Die konvooi is ontplooi terwyl Rusland in samesprekings met Oekraïne was oor ‘n skietstilstand. Intussen het Wêreld Taekwondo die ere-swartbelt wat aan die Russiese President Vladimir Putin toegeken is onttrek.