Russe vlug na Dubai om sankies te systap

Talle ryk Russe vlug volgens berigte na Dubai om die uitwerking van Westerse sanksies te ontkom wat ingestel is sedert die begin van hulle land se inval in Oekraïne. Sakeleiers het aan aan internasionale media gesê Russiese entrepreneurs en miljardêrs kom in groot getalle in die Verenigde Arabiese Emirate aan, terwyl die aankoop van eiendom in Dubai sedert die begin van die met 67 persent die hoogte in geskiet het. ‘n Russiese ekonoom beraam tot 200 000 burgers het Rusland binne die eerste tien dae van die oorlog verlaat.