Russe verwoes 100 mediese fasilieite in die Oekraïne – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê daar was meer as 100 aanvalle op mediese fasiliteite in Oekraïne sedert die Russiese inval begin het. Drie-en-sewentig mense is in hierdie aanvalle dood en 51 is beseer. Die organisasie sê uit die 102 aanvalle tot dusver het 89 gesondheidsgeriewe geraak en 13 vervoer, insluitend ambulanse. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê aanvalle op gesondheidsorg is ‘n skending van internasionale humanitêre wette.