Russe pas beleid aan vir lede van sy weermag

Internasionale nuusagentskappe berig dat Rusland ‘n wetsontwerp oorweeg om Russe ouer as 40 en buitelanders ouer as 30 toe te laat om by sy weermag aan te sluit. Daar word gemeen dat dit ‘n teken is van Rusland se behoefte om sy oorlogspoging in die Oekraïne te versterk. Die Doema sê die stap sal die weermag in staat stel om die vaardighede van ouer professionele persone te benut, veral vir die gebruik van hoëpresisiewapens. Tans kan slegs Russe tussen die ouderdomme van 18 en 40 en buitelanders, tussen 18 en 30 by die weermag aansluit. Ten spyte van die volle beheer van dit was oor is in Mariupol, bly Moskou ver van sy doelwit om die hele Donbas-streek oor te neem.