Rusland wou voor oorlog nie onderhandel nie

Die oorlog in Oos-Europa oorheers op die oomblik nie nuus. Rusland het na maande se opbouing van magte aan die Oekraïnse grens en ontkenning dat hy enigsins beplan om die land in te val, op 24 Februarie net na vyfuur plaaslike tyd, sy aanval geloods. Die Amerikaanse ambassadeur aan die Verenigde Nasies Linda Thomas Greenfield sê daar was pogings om Rusland se kommer oor sekuriteit en Navo aan te spreek voor daardie dag maar, Rusland wou nie onderhandel nie.