Rusland skiet 47 hommeltuie af
Rusland sê hy het 47 aanvalshommeltuie afgeskiet wat Oekraïne oornag gestuur het. Dit was hoofsaaklik op die Rostov-grensgebied gemik waar ʼn groot brand op ʼn nywerheidsperseel uitgebreek het. Die konflik wat al byna drie jaar duur, het die afgelope dae verskerp en albei kante gebruik nuwe wapens om die oorhand te probeer kry voordat die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, in Januarie aan bewind kom. Plaaslike media berig die aanval het ʼn reuse-brand by ʼn brandstof-depot veroorsaak.