Rusland se Shoigu ontmoet Iran se nuwe president
Die sekretaris van Rusland se veiligheidsraad, Sergei Shoigu, het met Iran se nuwe president Masoud Pezeshkian in Teheran vergader. Tydens die vergadering het Pezeshkian herhaal dat hy bande met Rusland as ‘n strategiese vennoot sal versterk. Hy sê verder dat die dood van burgerlikes in Gaza en die moord op Hamas se topleier, Ismail Haniyeh, wat Iran op Israel blameer, ‘n ooglopende skending van internasionale wette is. Terwyl Iran nie poog om oorlog en spanning in die streek uit te brei nie, sal Israel ‘n reaksie kry vir sy misdade en brutaliteit.