Rusland se Rostov-streek sal rekord koringoes lewer

Boere in Rusland se suidelike Rostov-streek, een van die grootste graanproduserende en uitvoergebiede van daardie land, rapporteer baie hoë koringopbrengste namate die oesseisoen begin het. Voorlopige vooruitskattings toon dat die oes tot dusver 0,1 tot 0,2 ton per hektaar groter is as verlede jaar, toe ‘n rekord 12,7 miljoen ton in die streek geoes is. Dit is goeie nuus vir veral Afrika-lande, waarvan die meerderheid, Namibië ingesluit, staatmaak op invoere vanuit Rusland. Die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard het onlangs bevestig dat Namibië bestellings reeds ingedien is en daar is geen rede tot kommer nie. Die maatskappy werk tot nege maande vooruit. Dit is net die kommoditeit se prys wat hoër is.