Rusland sê hy het Mariupol gevat

Rusland het vandag sy nuwe offensief in die ooste van die Oekraïne voortgesit terwyl spanne vrywilligers in die hawestad Mariupol lyke bymekaar gemaak het nadat Moskou ‘n oorwinning daar verklaar het. ’n Senior Russiese militêre bevelvoerder sê Moskou het ten doel gehad om die hele suidelike Oekraïne in beslag te neem, veel meer uitgestrekte oorlogsdoelwitte as wat Moskou die afgelope tyd uitbasuin het, en die jongste teken dat Moskou dalk nie sal toegee ná sy jongste veldtog in die ooste nie. Kiëf sê 100 000 burgerlikes is steeds in die stad en benodig volle ontruiming. Dit sê verder dat Moskou se besluit om nie die Azovstal-staalwerke te bestorm nie, is ‘n bewys dat Rusland nie die magte het om die Oekraïense verdedigers te verslaan nie.