Rusland sal binnekort sy beloofde graan aan Afrika stuur

Rusland is gereed om groot, gratis besendings graan na verskeie lande in Afrika te stuur. Die land se adjunkminister van Buitelandse Sake, Alexander Grushko, sê alle ooreenkomste is nou in werking gestel om met hierdie noodsaaklike bystand te begin. Turkye het glo in beginsel ingestem om ‘n deurslaggewende rol in die proses te speel deur een-miljoen metrieke ton graan te hanteer wat Rusland beplan om na ses Afrika-lande te stuur. Die graan word met die finansiële ondersteuning van Katar teen ‘n afslagprys aangebied.