Rusland gaan in Augustus begin graan aankoop

Die ministerie van landbou in Rusland sê hy sal volgende maand begin om graan aan te koop vir die staat se reserwefonds. Die plan is om vanaf volgende maand ongeveer een-miljoen-ton graan by Russiese produsente te koop. Die ministerie sê die doel is om te help om pryse in die binnelandse mark bestendig te hou deur voorrade af te laai indien pryse vinnig styg. Koringpryse is steeds baie hoër as gewoonlik hierdie tyd van die jaar nadat Rusland se inval in Oekraïne die land se graanversendings belemmer het.