Rusland brei sy aanvalle uit – Zelensky

Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê dit lyk asof Rusland meer gebiede van Europa probeer teiken ná ontploffings in ‘n separatistiese streek van Moldawië wat aan die Oekraïne grens voorgekom het. Owerhede in die pro-Russiese separatistestreek van Transnistrië het ‘n reeks aanvalle aangemeld, met twee ontploffings by ‘n radiofasiliteit naby die Oekraïnse grens, sowel as ‘n aanval op ‘n militêre fasiliteit. Oekraïne sê Rusland is verantwoordelik, terwyl plaaslike magte, wat Rusland ondersteun, die Oekraïne blameer. Rusland het troepe in die streek. Zelensky sê Rusland wil Moldawië wil dreig omdat die land die Oekraïne ondersteun.