Rushdie vaar beter, aanvaller pleit onskuldig

Hadi Matar, 24 jaar oud, het onskludig gepleit op verskeie klagte, insluitend poging tot moord, na die aanval op die omstrede skrywer, Salman Rushdie. Volgens berigte is die 75-jarige Rushdie reeds ontkoppel van sy ventilator en kan weer praat. Matar, ‘n inwoner van New Jersey, is ook aangekla van aanranding in die tweede graad, met die doel om fisieke besering met ‘n dodelike wapen te veroorsaak. Hy is borg geweier en sal weer Vrydag verskyn. Rushdie is ten minste 15 keer in die gesig, nek en buik met ‘n mes gesteek net voor hy ‘n openbare lesing in New York sou gee.