Rundu steeds sonder krag en water

Rundu het sedert verlede week nie water nie en sedert Maandagoggend nie elektrisiteit nie. Daarmee saam is daar ook nie selfoonopvangs nie en besighede sukkel om sake te doen. NamPower het in ‘n verklaring gesê ‘n tegniese probleem is geïdentifiseer en ‘n gespesialisieerde tegniese span is uit Windhoek gestuur om die probleem op te los. ‘n Inwoner, Jana Weyers, gesels uit ‘n warm Rundu met Kosmos 94.1 Nuus.