Rundu en Redforce se verhouding versuur

Berigte uit Rundu lui dat die dorpsraad se verhouding met Redforce, ‘n skuld invorderingsmaatskappy, besig is om te versuur. By ‘n vergadering van die dorpsraad het dit bekend geword dat Redforce nie sy teikens behaal nie maar, dat Redforce na bewering ook wil weet watter ooreenkomste met uitstaande rekeninghouers deur die dorpsraad ooreengekom is. ‘n Gemeenskapsvereniging, die Rundu Stedelike Gemeenskapsvereniging sê inwoners word deur die maatskappy geteister en verneder en daar is voorstelle dat daar beperkings ingestel word oor watter skuld oorhandig word. Nico Ndumba van die vereniging het voorgestel dat rekenings met minder as 10 000 dollar se skuld nie aan Redforce oorhandig word nie. De burgemeester Gabriel Kanyanga het voorgestel dat as Redforce nie sy teikens bereik nie is dit beter om weg te doen met die ooreenkoms. Daar word ook beweer dat die dorpsraad se betaling aan Redforce agterstallig is.