Lufthansa se vlugte tussen Duitsland en Windhoek duur voort, maar …

Lufthansa se vlugte vanaf Duitsland na Windhoek en Suid-Afrika duur steeds voort, het sy hoofbestuurder van Suider- en Oos-Afrika, dr. André Schulz, bevestig. Duitsland se Robert Koch Instituut het egter Namibië en Suid-Afrika geklassifiseer as gebiede van variant van kommer en regulasies om na Duitsland te reis hersien. Slegs Duitse burger en hul onmiddellike familielede en Duitse inwoners mag vanaf Namibië en Suid-Afrika na Duitsland reis. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê die reisverbod-reaksie verlede week was oorhaastig en nie op wetenskaplike feite gebaseer nie, maar alles is nou in die hande van owerhede.