Rugby: Wallabies en Engeland speel vandag in Brisbane

Rugby: Australië speel vandag teen Engeland in Brisbane in die tweede toets van die reeks. Die Wallabies het Engeland verlede week verras en met 30-28 gewen, hoewel hulle vir die grootste deel van die wedstryd met net 14 spelers moes klaarkom. Sou Engeland vandag weer verloor, sal daar nog groter druk wees op Engeland se afrigter, Eddie Jones. Alles het nie altyd seepglad verloop vir Engeland nie sedert die Springbokke hulle in 2019 in die eindstryd van die Rugby Wêreldbeker slae gegee het.