Rugby: Springbok-afrigter bestuur werkslading voor Frankryk
Rugby: Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê hy fokus daarop om die spelers se werkslading in aanloop tot hulle vertrek na Frankryk vir die Wêreldbeker te bestuur. Die Bokke het Woensdag in Pretoria byeengekom om verder voor te berei vir hulle laaste Rugbykampioenskapwedstryd Saterdag teen Argentinië in Johannesburg. Nienaber sê hy moet seker maak soveel as moontlik spelers kry kans om mee te ding vir plekke in die Wêreldbeker-groep terwyl hulle terselfdertyd die gewenste resultate kry.