Rugby-kampioenskapsreeks in gedrang

Die Springbokke se Rugby-kampioenskapstoets in Perth is in die weegskaal weens ‘n toename in Covid-19-gevalle in Wes-Australië. Op hierdie stadium is die vooruitsig dat al vier Toetse teen die Wallabies en die All Blacks in Perth gespeel kan word nadat Nieu-Seeland sy inperkingsmaatreëls verskerp het. Die All Blacks en die Wallabies moet volgende Saterdag in Perth kragte meet, maar dit lyk tans onwaarskynlik omdat Nieu-Seelanders wat na die gebied vlieg, twee weke in afsondering moet deurbring.