Rugby: John Plumtree kan dalk terugkeer na Haaie  

Rugby: Gerugte wil dit hê dat John Plumtree as die nuwe hoof-afrigter na die Haaie kan terugkeer. Hy was na berig word onlangs daar vir ʼn onderhoud. Plumtree was van 2008 tot 2012 by die unie voor die voormalige Springbok-kaptein, John Smit, hom afgedank het kort nadat hy uitvoerende hoof geword het. Die Nieu-Seelander het verlede jaar sy pos as hulp-afrigter van die All Blacks verloor. Die direkteur van rugby van die Haaie, Neil Powell, rig die span af sedert die vertrek van Sean Everitt laat verlede jaar. Die uitvoerende hoof, Eduard Coetzee, het bevestig Plumtree is op hul kortlys.