Rugby: Ierland verheug om voor vol stadions te speel

Rugby: Ierland is verheug oor die nuus dat hulle hul Ses Nasie-toetse voor ‘n vol stadion sal speel na die ophef van Covid-19 besperkings. Die beperking van ‘n maksimum van 5 000 ondersteuners vir buite-geleenthede is gister opgehef. Dit laat die pad oop vir ‘n vol stadion van 52 000 in Dublin. Andy Farrell se span verwelkom op 5 Februarie vir Wallis in die eerste wedstryd van die toernooi. Daarna sal hulle tuis teen Italië en Skotland speel.