Rugby: Haaie teen Bulle, Stormers pak Leeus

Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap pak mekaar vandag in twee plaaslike derbies. Die Haaie verwelkom die Bulle vanmiddag 4:45 in Durban, gevolg deur ‘n konsert en Oujaarsdag-partytjie op Kingspark. Vanaand sewe-uur sal die Stormers en die Leeus mekaar in Kaapstad pak. Die Stormers, die verdedigende kampioen, is tans tweede op die punteleer ná Leinster, en die Bulle vierde. Die Haaie is in die sewende plek en die Leeus agtste.